Jongste aktiwiteit:

ProjekteJunie 2018 – Poëtiese orde projek

Ek merk met baie van die inskrywings neig die kommentaar altyd na die estetiese aanbiedings, wat natuurlik spelling, die gebruik van leestekens, ritme en metrum insluit, en verder, die verkeerde gebruik van hoofletters en die basiese reëls wat met poësie gepaard gaan.
Uit van Wijk se boek (sien verwysing hiernaas) leer ek: “om te dig is ‘n literêre kunsvorm wat van estetiese en ritmiese eienskappe of vermoëns van ‘n taal gebruik maak…”
[N. van Wijk (1936 [1912]), Franck’s Etymologisch woordenboek der Nederlandsche taal, Etymologiebank.nl, http://www.etymologiebank.nl/trefwoord/gedic ]

Hierdie maand is die opdrag om aan hierdie onderskeie aspekte van poësie en prosa aandag te gee.

VIR DIE DIGTERS:
Skryf ‘n gedig (nie langer as 15 lyne nie) en implimenteer die estetiese beginsels van leestekens, tipografie en basiese goeie reëls. Die onderwerp van jou gedig is nie voorgeskryf nie, maar jy gaan BAIE streng gemerk word op die bostaande.

VIR DIE SKRYWERS:
Skryf ‘n storie of artikel oor enige onderwerp maar pas die reëls soos hierbo vervat streng toe.

ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID

Skryf in Afrikaans – ‘is mos lekker’
Projekbestuurder

Junie Projek – INK Kommentaar en uitslae WENNERS: GEDIGTE: Goud: 1 ste (No. 14); Carma Shaw met Delvillebos (op ‘n dag in Julie 1916) 2de (No. 10) Anzé Bezuidenhout met Winterreën Silwer: 1 ste (No. 6) Estelle Rubouw met Oggendlied Geen 2de en 3de plekke Brons: (No. 7)  Denise van Rensburg met Semelkop Geen 2de en 3de plekke. […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed