Nuwe jy
ek wil jou seerkry uitgiet
uit jou gekraakte kruik
van brose vlees;
jou opnuut vorm op my pottebakkers-wiel,
met my hande, jou sagkens beeld –
wyl ek vorm ‘n nuwe kruik
en jou dan weer volgiet
van liefde en kompassie.
©callie 2015
4 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2018 - Poëtiese orde projek