Mondhoekkreukel glimlag
vroeg oggend, toe donker se kombers
swart en stil oor alles nog lê,
met straatligte wat kolle lig so effens
oor die leë oggend-strate gooi,
en nanag se koel nat asem
wat liggies oor ons waai –
het my vingers hul pad gevind
na die warm klop van jou hart,
waar my skrywershand met veerpen
jou glimlag tussen slaaplyne gepen het;
wyl my koel lippe sag-soekend
met vlindervlerke-fladder
jou wakker gesoen het –
en toe het jou mondhoekkreukel glimlag
my geheel verower.
©callie 2016
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2018 - Poëtiese orde projek