
Tinkerbel
Uiteindelik het ek myself weer gevind
met my arms gevou om my kind
my siel verstaan dié heilige liefdesdou
van soete woordjies wat aan my wese klou.
Wyd het ek vervreemd verwaai, eentonig soos ‘n ou gesang
in die donker het ek met dorre hande rondgetas, bleek-bang
deur ‘n skim-naelstring het ek gehoor
hoe haar feëtjie stem my bekoor
Haar blink ogies vul my polsslag met lewenslus
alle sorge en pyn neig nader na onbewus
gee my ‘n ewige plekkie in haar hart
moeg vir dors dwaal langs weë van smart
Feëtjies wat dans in haar oog
skiet vonke deur my reënboog.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2018 - Poëtiese orde projek