Jongste aktiwiteit:

Natuur se aanraking

hier in die binnegloed van ons sonneuur
voel ek die magiese s t i l l e rus
wat styf kom lê teen my hart se k o u e muur

kon ek tog myself verloor elk’ dag en uur
so sonder dink, sonder s e e r, net voel
op my vel jou hemelse kuur

ek raak bewus van iets groter as nou …

sien skoenlapper dartel sy dans so gou
met son wat aanskuif bedwelmend deur kou

net ek en jy… my stille natuur
met son wat streel en troos
vergete die wêreld so boos
net ‘n oomblik… van korte duur




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed