
vroeë vrugte
ek kom proe aan jou vrugte
van eens verdorde stammetjie
nou lowergroen beskermend hang
diep soete vreugde op geurige noot
ek kom proe aan jou vrugte
vrugte wat uitlokkend wink
helder op perskegeel gelaat
kuiltjies waar dit mooi maak
ek kom proe aan jou vrugte
nie te vroeg anders bly jy suur
blare moet eers in herfs verkleur
voor vrug vol nektar mond bereik
ek kom proe aan jou vrugte
jou jeugdige geur van jasmyn
vrugtige vreugde wat my verlei
sonder jou bly ek onversadig bleek
ek kom proe aan jou vrugte
uitgehang soos druiwe aan prieël
swart of groen en geel so glinsterend
vonkel van lewe wat my hart laat bons
ek kom proe aan jou vrugte
op my tong die suur van winter
in my lyf die styfheid van droogte
in my hart die stramheid van vertroue
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.