Jongste aktiwiteit:

SPLINTERHOUT

SPLINTERHOUT

My wise-ass hart tuimel rebels deur die grense van my wees; en slenter onbevange op honger-voetpadjies wat my vrouweesgemaak al per ongeluk aspris vergeet het bestaan. Sy flenter kaalvoet deur die rou ruïnes van gister se doen en los. Speel soos ñ klein dogtertjie wegkruipertjie deur die ongetemde labrinte van my elke lewens-nuanse. Sy Slowdance stadig en met die brand van ñ wilde passie wat kaggelvuursmeul dwarsdeur die al dofgevatte kiekies van my drome, my wense; my Sprokie.
Dit verlok haar.
Omvou haar.
Hou haar.
…..Sy kniel. Kniel in die stof; tussen al die vuil weggooi goeters en begin stukkies hoop optel wat soos Bloedrooi robyne tussen als lê. Kyk hoe haar huil die stof van die kosbare skat afwas wat weerloos in haar in hande geskatkis wag.
Sy tel ñ stukkie splinterHout op; maak ñ rêrige seilskippietjie daarvan en maak dit seil op die branderbreek van haar huil. Die seile gebol in die rigting van die Hemel. Want… Want omdat en oordat sy weet daar is ñ Man wat al daai flenter stukkies weer kan regmaak; weer kan oormaak. En dit met die marvelstruct skep van Sy Kunstenaarsvingers weer vas en seker en nuut; weer waarmaker binne-in haar hart kan palet en verkwas.

Kyk mooi na jouself, liewe
Bokkie my babie; en mag jy ook vandag verlok word deur hoop se nuutword in jou binnerste binnekant.
©Liza Daniells




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed