Jongste aktiwiteit:

ProjekteMei 2023 – OOP projek

 

Beste INKers

Die kersmaaltyd het nog nie eens behoorlik gesak nie en reeds word ons met die mooie Mei maand gekonfronteer. Een of ander Afrikaanse sanger sê nié verniet nie: “Stop die wêreld ek wil afklim”.

Gelukkig is dit weer tyd vir ‘n ope projek waar reëls en regulasies uitgesmyt word soos laaste week se koerant.

Jy word losgelaat uit die kou van gebondenheid en kan aan die projek deelneem in enige kategorie sonder dat ek jou vlerke knip, sonder voorskrifte en reëls.

Lekker skryf.
Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Ekokritiek Ekokritiek in digtertaal pleidooi vir natuurbewaring- woordskildery wys mensdom faal; Ekokritiek in digtertaal- lewenslesse daaruit te haal ingryping vir aarde te bring ekokritiek in digtertaal, pleitdooi vir natuurbewaring. Een moederaarde Daar is net een moederaarde waarop die mens kan leef en bly een enk’le planeet van waarde – daar is net een moederaarde tog […]

Die osoonlaag in die stratosfeer is die aarde se skild teen bestraling om ultravioletstrale te keer. Die mens kan en wil nie leer gebruik chemiese stowwe tot vernietiging van die osoonlaag in die stratosfeer. Ons verkwansel eerder produkte teen seer – rome en hoedjies word gebring om die ultravioletstrale te keer. Navorsers besin en redeneer […]

in weivelde van vriendskap kartel beddings van aanvaarding as my lippe van omgee rus op die topografie van jou voorkop   anker jou vloot teen die kaaie van my omgee stryk jou seile in stiltes van bewondering   agter die keerwal van dolosse kabbel omgee in spoelgolwe; oes ek wynlande vol geluk in die kelder […]

Dit is Manziville Krugersdorp. Waar die mense leef. Lewe. Laat leef. Plakkers en straatbrakke wat hier ‘n tuiste tussen ou motorbande uitsnuffel en die kinders soms honger gaan slaap. Manziville. Die wit plakkerskamp neffens Krugersdorp. Sinkplaathuisies ingeryg soos sardyne in ‘n blikkie.  Stofstrate wat tussen plastieksakke en bourommel ‘n pad deur die huisies wurg. Dan […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed