
Triolette ekokritiek
Ekokritiek
Ekokritiek in digtertaal
pleidooi vir natuurbewaring-
woordskildery wys mensdom faal;
Ekokritiek in digtertaal-
lewenslesse daaruit te haal
ingryping vir aarde te bring
ekokritiek in digtertaal,
pleitdooi vir natuurbewaring.
Een moederaarde
Daar is net een moederaarde
waarop die mens kan leef en bly
een enk’le planeet van waarde –
daar is net een moederaarde
tog kruis mens met natuur swaarde
laat more uit sy hand uit gly –
Daar is net een moederaarde
waarop die mens kan leef en bly.
Rentmeesterskap
Laat die woorde nou dade word
die mens rentmeesterskap aanvaar
besluite met wysheid omgord
laat woorde nou dade word
in bewaring sy kragte stort
verantwoordelikheid in oog staar
Laat die woorde nou dade word
die mens rentmeesterskap aanvaar.
©️ Elna Kruger
Ns. Dit kan afsonderlik of as een gedig gelees word.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2023 - OOP projek