
Ek is soos jy (goud)
Saans droom ek oor sterre
en ‘n sewende hemel
om my en jou
snags slaap ek op my donker
skaduweeloos in my eie hemelruim
stok siel alleen
bedags maak ek mense na
die ek in my
en die my in jou
want ek is mens
net soos ek is.
© Mei 2023 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2023 - OOP projek