
Mede Spanning
Gee,
wonderlik die vloei
van arm gesig na blydskap
van selfskuld na vrygewigheid
vir altwee is dit ń boetedoening
Neem,
dan gou uit die voete maak
so verleentheid te verdoesel
vlietende oë vrees die onvermoë
kom die terugbetaaldag
Diagnose,
dis ń gemeenskaplike siekte
die spanning tussen gee en neem
welwaart en armoede
in ewige harmonie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.