voetspore
my hart is in die golwe
my voete rus op ‘n krans
my hande waai wit sproei
my neus ruik denne-hars
soms hoor ek loeries skreeu
dan is dit een spierwit meeu
keer-op-keer wek fisante my
staan ek weer op berge se vry
ek sweef oor deinende golwe
duik deur helder groen vallei
waar krom bome in wind lafeer
lig wit skuim wat oor my skeer
dieper in my draai ‘n ossewa
grou trekos se hoewe in grond
reik my hele wese na die toom
wyl suid-ooster my hare stryk
stap ek deur duineveld se droog
groet grysbokkie my vertroulik
maan skoorsteen-veër my stom
sien vergaan maar siel bly staan
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2017 – Kersfeesvieringe projek