Opsoek na jou
Ek sif deur sande om jou te vind
beloer elke boom se skadu
van dagbreek tot saans
volg ek die geroep van die wind
van bergspruit tot rivier
agter elke stukkie struik
soek my siel sonder ophou na jou
sodat ons die liefde kan vier
in elke briesie wat my toevou
met die reuk van lente blomme
ervaar ek jou kiss, warm soos die son
wanneer sy strale vreugde om ons bou
ek roep uit na jou oor ‘n krans
en deur bosbedekte berge
herken jy dalk die geluid van my stem
as jou naam oor my lippe dans.
© Carla Visser
04.12.2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.