Jongste aktiwiteit:

Jakob polemiek – ag, poletiek…

Vet vingers vroetel in die koffers
“Al wat mens is hou jou bêk
ek necklace jul soos Winny
en skenk jul as my offers!”
Onder brûe en in gehuggies
lê daar basies, talle nasies…

en hy lag he-he, en hy lag he-he

Ja die maan skyn
so helder op sy bleskol
en hy voel bogerol
want die lig aan die einde
van die tonnel
is ‘n kontorsie
‘n aborsie.

en hy lag he-he, en hy lag he-he

ses en taggentig
en drie en honderd
wie gee dan om,
sy beeskraals’ mos bedonnerd!
en Sizakele se spaza
in die grasdak paleis
voer lekker klomp chappies
vir die hele gespuis!

en hy lag he-he, en hy lag he-he…

(BURLESKE DIGVORM)
© Carla Visser
29.11.2017




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed