
dapper stapper
liep-lapper-jas
kersvader dra tas
sy baard trek sommer los
want hy loer te veel na die kos
sy magie skraps bedek met baadjie
sy stem rafel uit met sy droë liedjie
kinders dans om op sy skoot te sit
eers daar wil hul net huil en gil
sy rook asem stoot hulle af
growwe hande en naels
skraap hulle fyn vel
liep-lapper-kwas
nooit weer
gesien
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2017 – Kersfeesvieringe projek