skrywersblok (Goud)
met die inskuif
voor die skryfmasjien
my kop barstens vol woorde
verskyn Die Blok
ure later bevind ek myself
starend in die niet
en ek wieg en ween
want nog vóór ek ‘n vinger kon lig
om selfs ‘n enkele woord te skryf
het ek reeds aan die kortste end getrek:
1-2-3 blok jou!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2023 - OOP projek