Jongste aktiwiteit:

ware liefde (Goud)

bemin mekaar

maar bind julle nie

met knellende liefdesbande

aan mekaar vas nie

 

laat veel eerder toe

dat jul saamwees

die eerste straal

van die oggendstond

en die laaste aandgloor

van elke dag inlaat

 

laat jul liefde wees

die immer bewegende

diepblou waters

tussen die spierwit strande

van julle siele

 

eers dán sal jul weet

wat ware liefde is…

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed