gluur
onder sonskyn wolke gluur ek na my duin
my duin is soos enige duin wat in duie stort
die vreugde daarvan versteek in emosie
wat ek sien aanskou ek met die oë van ‘n kind
bekleed met somatiese selle van kleur en drag
bekroon met dogters van die geslag van selófhad
wat telkens die kortstondigheid van die lente beween
met klaagliedere vir voortydig verdwene adonis
self bly ek op agtergrond van die muse
voor menigte my beskou as agie
terwyl ek maar net onderspit
die wye akker van kloto
©Teárlach.
silwer
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2023 - OOP projek