Jongste aktiwiteit:

kreukels

 

“in die kroes van jou kreukels

neem jou sagte antwoorde

die grimmigheid weg”

 

stropers oes daagliks my woorde

uit gedagtes nognie ontvou

wat my laat struikel

oor die klawers

van my drome

ontneem my

die uitkoms

 

bedink ek

beplan ek dit

in katas wat speel

voor my aangesig verby

selfs in meetkundige lemmas

wat Euklides in verbasing sou laat

laat dit my met net nog ‘n kadawer

 

“my katatoniese katapleksie kom kaplaks, maar nie onverwags”

 

Ó Tearlach.

 

Katapleksie – word gekenmerk deur ‘n skielike verlies aan spiertonus

Katatonies – ‘n toestand van onbeweeglikheid en onreaksie op eksterne stimuli, wat dikwels gepaard gaan met rigiditeit, postuur en ‘n gebrek aan verbale kommunikasie.

Kata – bestaan uit verskillende gestileerde oefenreekse, dit wil sê reekse aanvals- en verdedigingsbewegings.

Klaudios Euklides, ook bekend as Euklides van Alexandrië, fl. 300 v.C., was ‘n Griekse wiskundige wat algemeen gesien word as ‘Die vader van meetkunde’.

Lemmas – Trefwoord of leksikale item in ‘n naslaanwerk; die kanonieke of eenvoudigste vorm van ‘n woord of frase.




4 Kommentare

  • Anze

    Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2024 – OOP projek

  • Koos Elsum

    Ek hou baie vd gedig & vir my nuwe woorde / konsepte. In die tweede frases val “wat my laat struikel oor die klawers” vreemde want ek verstaan klawers as klavier musiek so dit pas nie. Miskien eerder gedagtes ?

  • Koos Elsum

    Ek hou baie vd gedig & vir my nuwe woorde / konsepte. In die tweede frases val “wat my laat struikel oor die klawers” vreemd want ek verstaan klawers as klavier musiek so dit pas nie. Miskien eerder gedagtes ?

  • Tearlach

    As digter mag ek maar naamwoorde omskep in werkwoorde, in metaforiese vergelykings - hier verwys dit dan spesifiek na my gebruik van die naam klawers wat 'n beeld vorm van my as digter wat gedagtes en woorde vorm deur op "klawers" te druk, soos byvoorbeeld die "klawers" van my skootrekenaar! Ek klawer my woorde uit op die rekenaar. Ek probeer nuut skep en bring telkens sulke "nuutskeppende" woorde in my gedigte in. Ek vertrou jy verstaan my gedagtes, hoe vreemd dit ookal mag wees! he he

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed