Jongste aktiwiteit:

Curriculum Vitae

My naam is: Trots
My van: Afrikaans
My stem: ’n ‘Magtige dreuning’
My identiteit: Gegrondves
‘met kreunende ossewaens’
oor berge deur dale deur ‘vêr-verlate vlaktes’
My herkosms: Is oor die ‘diep blou see’
ek sit nog op die A,B,C bank
maar ek is uit goeie hout gesny

My ondervinding: Is idiomaties

ek is ‘n perd van ‘n ander kleur
mense soos ek is so skaars soos hoendertande
hoewel jy my altyd deur ’n ring kan trek,
is ek geneig om gereeld my pêrels
voor die swyne te werp
en die verkeerde perd op te saal
maar ek weet waar Dawid die wortels gegrawe het

ek het gereeld te veel hooi op my vurk
maar kan ’n naald in ’n hooimiethoop soek
en die hammer oor-en-oor op die selfde aambeeld slaan
terwyl ek altyd ’n berg van ’n molshoop maak

waar ’n rokie trek maak ek my vuurtjie
en slaan die waarheid in die gesig
deur die vuur onnodig aan te blaas
en dan met die hele mandjie patats vorendag te kom
om ’n babeblse verwarring te veroorsaak
waarna ek weer mooi broodjies sal bak

ek sal saam met die hoenders gaan slaap
en balke saag tot by Daantjie in die kallerhok
ek het ’n bek vol tande en kan harde bene kou
op eiers loop en het altyd ’n eiertjie te lê
oor welke onderwerp jy ookal in my midde lê

dan kan ek ook jou ou koeie uit die sloot grawe,
met jou buurman se kalwers ploeg
wolf skaapwagter maak en jou
agteros in die kraal jaag nadat ek
die dam onder die eend uitgeruk het
en jou bul by die horings gepak het

ek sal bak staan sonder om my hande bak te maak
en vir jou werk vir ‘n appel en ‘n ui

vir jou besigheid sal ek ’n aanwins wees
want
ek is Trots
Afrikaans!
———–oo00oo————-
©Pieter Mostert




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed