Jongste aktiwiteit:

Kom ek vertel jou

Vandag wil ek sag vir jou vertel
van die sonskyn se lag
en hoe hy seunskind-sku
sy strale oor die aarde spu.

Sal sy een oog oophou-loer
wanneer my en jou paadjies poog om te kruis?

Of sal hy playful(guitig)
agter ‘n wolk inkruip
sodat ons mekaar
in die donker kan knyp.

Vanaand wil ek vir jou vertel
van die maan se mistiek
en hoe sy misterieus die magic
van haar lig oor ons streel.

Sal sy skaamteloos na ons staar
saam elke liefdes-gebaar
tussen ons ervaar

Of sal sy afgunstig haar ligte blus
sodra sy bewus word van ons eerste kus?




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed