Bladwisselend is beter
Bladwisselend is beter
Dae word korter en sleep kleur saam
op ‘n reis om die son in wentelbaan.
Groen raak afgesaag as jy dit elke dag sien
en bid vir afwisseling in jou bestaan.
Stilweg bleek groen tot geel
en steek dan vas in bruin se jas.
More kom die son in nuwe kleur op
as dit straal oor die blare se wange.
Bladwisselend is beter, verseker
as om te stagneer in een kleur.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtige en rustige gedig