Gister se kis
Gister se kis
Gister lê begrawe in ’n groot houtkas, diep agter in die hart se tuin.
Môre loer nog deur die venster, vandag word nog afgestof.
Lankal vergete, seer se trane is opgehou huil. Lag het nog net ’n glimlag oorgehou.
Soms kom ’n heel onbekende en probeer iets mooi in die hart se tuin plant. Bring sy eie graaf en land op gister se kis.
Sou die ou kis nie ook maar net wil kwyn en vir altyd sal verdwyn?
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.