Gister se kis
Gister se kis
Gister lê begrawe
in ’n groot houtkas,
diep agter
in die hart se tuin.
Môre loer nog
deur die venster,
vandag word nog
afgestof.
Lankal vergete,
seer se trane is opgehou huil.
Lag het nog net
’n glimlag oorgehou.
Soms kom ’n heel onbekende
en probeer iets mooi
in die hart se tuin plant.
Bring sy eie graaf
en land op gister se kis.
Sou die ou kis
nie ook maar net
wil kwyn
en vir altyd wegraak?
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.