Soos Helende Balsem
Soos Helende Balsem
Ek sit en verlang na
ek weet self nie wat nie
in die rustige aandstilte
wat soos helende balsem my
ontstigte gemoed paai en streel.
Ek staan voor die verlede se
grenshek maar dis gesluit met
slegs ‘n enter aanwysing maar
geen exit en daar ver agter die hek in
die verskiet lê die rus en vrede afgesluit—
Tyd is ‘n geldfaktor om mee rekening te hou
daarom is alles koorsagtig gejaagd met
teveel motors en toeterende oorvol taxis—
Dis hoë bloeddruk en spanning
stakings en optogte wat jou sitkamer
deur radio en televisie binnedring en die
perke van privaatheid oorskry want
die hek na jou huis lê wawyd oop vir
die nuusmedia om jou rus te verstoor
want jy wil die ellende nie sien en
al die propaganda leuens nie hoor nie—
Dinge was vroeër rustiger en alles tog
betyds afgehandel—
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.