Liefste Pappa
Liefste Pappa
dis mos hoe ek moet begin
voor werklikheid my laat besin
geliefd kan ek nie gebruik vir jou
met geen pappa vandat ek kan onthou
op kinderlike dapperheid moes ek bou
geen pappa wat my hand kon hou.
In somerplesier en winterkou
wonder ek … het jy soms berou?
(Iron Lady)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.