Liefde
liefde is genade wat gestalte kry
tussen elke jou en my
liefde is blommegeur wat wyd versprei
tot die gehardste met sy pyltjie kry
liefde is brood en bitter koffie drink
as dit is wat die lewe skink,
liefde is God se humorsin,
want wie kies wie hy bemin?
(Iron Lady)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Dis nou die reine waarheid. "want wie kies wie hy bemin?" Mooi gedig Ironlady.