Donker lag
Donker lag
Grou rys koue in die lig.
Vyf sonstrale skyn.
Een op die kis,
die ander vier op ons.
Die lewe se vuis
het jou uit my hart geruk.
Ander noem jou Lacaas,
ek, Pappa.
Nog so jonk,
geen ander iemand
om te vra: “Hoe nou, Pa?”
Jou stem is net weg.
Hierdie lewe het met my gaan loop,
draaie wat ek nooit geken het nie.
Aanvaarding was al wat ek wou hê,
die lewe wou sukses in my belê.
Ek het hoër gevlieg as God,
verbreek ek self my eie gebod.
Bitter hard het hierdie lewe my neergesmyt,
maar God het my kom haal en neergesit
hier op ’n lappie grond in die bos.
Hartseer het gaan rus,
herinneringe hou ek nog knus.
Dra my geloof soos ’n man en sê:
Dankie, liewe Heer,
ek kon uit hierdie lewe leer.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.