Jy was Skollie
Jy was skollie…
Jou pa was streng,
jou ma gewoon.
Gebid dat God
jou moet beloon.
Goed het jy bedoel,
hard geval
en weer probeer.
Seer het jou
‘n hele paar
lesse geleer.
Aanvaarding
was al wat jy wou hê,
ongeag die prys
wat voorlê.
Onder jou lag
en menswees
dra jy een groot wens —
vrede.
Na God het jy gekeer,
jou sonde bekeer.
Die wêreld oordeel
jou gister as môre;
vir hulle bly jy
altyd verlore.
Mense noem jou skollie,
gemors van die wêreld.
Ek noem jou dankie.
Uit jou foute
het ek baie geleer.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.