Jongste aktiwiteit:

Wag

Wag

So klein woord

wat baie wil sê.

Wag voor die mond, of wag voor jy doen.

Wag staan ook wag voor die deur.

Wag

Is jy ‘n tikkie van tyd voor iets moet gebeur? Is jou ander naam dalk nee?

Jy sit voor ‘n teaterdeur, klop aan die lewe se deur.

Jy beproef geduld sonder om ‘n woord te sê.

Wag vir hallo, of die laaste groet tot ons weer ontmoet.

Soos een wat bang is om te gaan of iets te sê, bang vir wat gaan gebeur of dalk ook nie.

Wag, wie is jy? Is my vraag vandag.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed