stof tot stof
stof tot stof
fill your paper with the breathings of your heart – William Wordsworth
as winter koue vingers
in die binnekante van jou bors inslaan,
gedagtes terugflits na somer se hitte,
speel die sagtheid van blomme en keuses
deur die harde vloei van jou gemoed…
wonder jy oor vrywees,
oor liefde en die skepping…
is daar vryheid as jy nie kan kies nie,
as jy gange slaafs moet naloop…
en die aarde om sy wentelbaan voortploeter,
seisoene kom en gaan
en dinge wat net soos dit is, bly…
soos die maan wat aan die hemel hang,
die son sy koms vrolik aankondig
en sy ondergaan flou wegsteek…..
staan jy te midde van alles
net nog stof wat tot stof vergaan
©Anton Kilian
5 Kommentare
-
Janetta-Helena Boonzaaier
Anton so sit ons almal met die hartseer van verbygaande mooi dinge soos die seisoene se siklus wat kom en gaan elk met sy eie skoonheid, alles dinge wat ons agterlaat, maar weet jy dan troos ek my met 1Kor 2:7 Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van die mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet!
-
Janetta-Helena Boonzaaier
my kommentaar is vir Stof tot Stof Anton.
-
Woordwewer
Is daar ooit vir ons vryheid? Mooi gepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
So is ons net nietige mense. Voortreflike inleidingsverse.