doolhof
doolhof
love looks not with the eyes – William Shakespear
soms kom daar pyn en
steek vas teen die sagkant van ‘n hart,
borrel protes spasties,
krampagtig klouend teen die lewe se plig…
en asof afkerig van weelde
sloer jy voort met die bekende
van rekenskap gee,
armoede te verhoed…
dalk jouself te vind,
iewers verloor
in ‘n doolhof van gangetjies,
binne in ‘n dwaaltuin met die mooiste blom,
te bang om te pluk…
net begeer…
©Anton Kilian
3 Kommentare
-
Janetta-Helena Boonzaaier
Anton so sit ons almal maar hartseer en dink aan die mooi dinge wat ons gaan agterlaat soos die seisoene se siklus elk met sy eie skoonheid, maar dan troos ek my met Paulus se versekering ''wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van die mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat hom liefhet!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Mens is partymaal so druk besig om na jouself te soek dat mens dit in die proses tog wel onwetend kan verloor. Goed gepen.