Woefies en Kietsies
Woefies en Kietsies ( My Lollotjie is Saterdagaand aan ‘n hartaanval dood)
Die getroue troeteldiertjies sterf
en daar is geen hoop op weersiens
jy huil en rou oor jou dierekindjie
die vaarwel was finaal
daar is geen hondjiehemel
en geen katjiehemel
jy moes dit vir hulle
hemel op aarde gemaak het
in hul kort tydige bestaan—
‘n Stemlose dierevriend
opregter as menige mensevriend
en vir liefde en oppassende trou
‘n dankbare ode waardig—
Janetta – Helena (Babs) ©
Pred 3:21 Wie bespeur dat die asem van die mensekinders
opgaan boontoe, en dat die asem van die veediere
neerdaal ondertoe in die aarde—
4 Kommentare
-
-

Kiekies
Ek ken hierdie seer. Baie goed gestel: n Stemlose dierevriend opregter as menige mensevriend en vir liefde en oppassende trou ‘n dankbare ode waardig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Ons het ook so 'n wit brakkie. Ek hoop maar die hondjies lewe vir ewig . . . Dis darem baie hartseer as hulle doodgaan