Hipoteties
Hipoteties
…is geluk ‘n glimlag
op ‘n sterwende
se gesig
of rykdom blink
en gevorm
in ‘n aantal nulle.
Dit vergestald in die son
se skyn op die irisse
van ‘n blinde?
Geluk dreun
in die ore
van die dowe
en weergalm
op die tong
van ‘n stom man.
Ek wonder tog
of dit in die dag
van more skuil
wagtend
om te ontvou
vandag
of in drome
wat net realiseer
as jy slaap.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Geluk is die dinge wat geld nie kan koop nie.. baie mooi geskets