Strooipop
Strooipop
Pion geskoei
met ‘n lewe
wat bloei
van seer wat skroei
en geen oorlog
sirene wat loei.
Dit hou aan,
die pyniging
dag na dag,
in die martelkamer
en gang,
van gedagtes.
Stuifsand
lê los…
dit waai stil weg,
want selfs ‘n suil
verdwyn met tyd
in die wind se gehuil.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
hierdie is diepseer woorde sommer baie diep uitgehaal.. Baie mooi gepen Vellies