Jongste aktiwiteit:

Soenoffer

die vrou wil iets saambring uit die onbegrensde land
waar sy haar sawens bevind
waar sy serpentyn trappe van nag beklouter
tot in knus holtes van ‘n marmer maan

die vrou wil iets saambring wat nog in wierook walm,
waaraan die vlerkgeklap van vlermuise nog kleef –
taai en soet van saad en verwagting

die vrou wil iets saambring wat nog ruik na kluite
wat nog damp van ondergrondse water
wat nog silwer aar in ravyne van die aarde

die vrou wil iets saambring vanwaar ramshorings
opklink bo die slagveld tussen gees en vlees
waar sy name van afgestorwe krygers
tussen tender blaaie van boomholtes lees

maar die bloedlelie in haar hand verwelk telkemaal
met die eerste kus van dageraad
daar waar sy elke nag swingel in ‘n transparante halfmaan wig
op ongedefinieerde grenslyne tussen donker en lig.

© Almarie Truter




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed