Jongste aktiwiteit:

Skimmel skim

mis molm teen blinkblaar met vlerkgeflap van uile wat buig
waar skemer se skeeloog wink –
pipistrelle spotterig gelyn
toe sy in nag se deuropening verskyn

dopluis roesterig teen varingblare
skilfer groen teen greine van bruine –
mos mos mos net smarag
as sy die een is wat ligvoets trippel deur nag

stoom stu stuimig uit warm aarde
waar die binnebelt van ‘n woud
knoop van boom tot boom –
blare spataar vaal waar sy wasem

fungus spinneweb om stamme
en barre bas skaaf skurwerig teen ‘n jaarring se boggelrug –
selfs in dun lug bly haar skaduwee gewigloos hang

witvoet skuif sy neffens die maan se skouerkleed
(dit is waar sy hoort).

© Almarie Truter




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed