Lugkastele oor jou
Ek wil lugkastele bou
ek wil jou naam in my hart hou
wanneer ek spreek, wil ek dit uit skreeu
en jou wese in my toevou
Jy drup op my gedagtes
as jy smelt-ys word
wanneer die hitte van die son
jou deurtrek, deurgrond
.
Jy trap op my tone
wanneer ons om en om draai
net so bietjie lawaai
en grootword in ons veilige kaai
Ons dans op die ritme
wat die lewe ons bring
ons fluister saggies
Nee, ons sing!
Ek wil lugkastele bou
jou so rukkie net vashou
voor die lewens spel einde bring
wil ek nog ’n lied, met jou sing
’n Klawerspel sal ek na jou toe waai
my arms om jou vou en met liefde toedraai
solank ek net lugkastele kan bou;
lugkastele oor jou.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
ek is mal hieroor