VIR JOU
‘n Vonkie roer en word ‘n vlam
klein houtjies glimmer
en terg die kwart gekapte stompe
om grootmens vuur te word.
Vir jou
loop ek doodloop strate toe
vir jou
sterf ek sonder terugtrek se berou
Sonstrale steel die groen van nat bedoude lelies af
en ek soek oornag slaapplek
vir my liefdes woorde
net vir jou
Vir jou
kry ek gedagtes eelte
vir jou
my eerste goudsaad van ‘n sonneblom
Ek skuif die alleen stoel onder my gedagte tafel in
en bêre my alleen wees silwerware
net vir jou
om môre saam met jou ‘n fees te hou
Vir jou
‘n roosblom op jou kussing
vir jou
om iets van my te kan onthou
2 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
Dit moet iemand erg spesiaal wees. Jou beskrywings en woordgebruik weereens uit die boonste rakke.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
oe dis mos nou diep uit die hart woorde.. pragtig!!!