Jongste aktiwiteit:

Satan sang

Jy met jou lostorring
snymessie tong
torring al my nate los
Jy kom lê en loer
na alles wat ek doen
Jy ruik my swakhede op
Jy weet waar om jou nes te maak
in die warboel van my siel
Ek volg jou so sit-sit
maar so draai die wiel.
Torring maar satan
torring maar los
ek sal jou oorwin
maak nie saak wat dit kos.
Jy vertoorn my siel
ek verdra jou vandag
storms in my blou lug
lê verkrummel en wag
Kom dans op my horison
dans op my graf.
Ek sal jou verjaag
en my God sal jou straf

Kom vroetel jy maar
in my oop wonde rond
Kom trippel woedend
op my oggend se stond.
Sal jou nie n oomblik
se sonlig hier gee
Vir jou geen kans
om my mee te sleur.
Gaan sit maar en wag
soos n aap op n klip
ek is een stappie voor jou
my God bly my kruk.




Ek floreer op n vlak waar woorde en emosie ontmoet, hande vat en net daar en dan die Tango dans. Die lewe gooi soms skerp draaie met n mens, maar as jy aanhou dans skuif dit die fokus op die geskenke wat die lewe bring, nie die wonde nie. Skryf is my passie, daarom is ek hier.

8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed