Jongste aktiwiteit:

Afhanklik

tani

Afhanklik.

Swaartekrag is die naelstring
wat ons stoflik dwing
om lewenslank vasgebind
soos ‘n kind
geeneen
ooit gespeen
en losgemaak na eie waarde
te klou aan moederaarde
se ronde buikwand
met vasgeklewe hand
rondomtalie voortspoed
en borsvoed
ewig afhanklik,
verganklik—

Janetta – Helena [Babs] ©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed