Jongste aktiwiteit:

Ek sien half deur jou oë

Ek sien half deur jou oë
diepkraakplooie wat raakpraat
in ‘n hartkontoer met heimwee padkaart
menig bruin vlekkies wat ‘n storie vertel
van ure in die son, dae gevul met hel

Ek sien half deur jou oë
skewe knopskouers wat moedeloos hang
rimpelhande wat eens sekuur kon vang
voete wat skuifelend, versigtig trap
flou energiebron, feitlik leeggetap

Ek sien helder deur jou oë
’n gees gevul met genade van Bo
helder verstand wat nog bid en glo
rooi ritmiese hart sonder enige smart
hoof hemelwaarts wat Sy liefde weerkaats




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed