perskereën
vlugvoetig stap druppels
skielik sak dit uit oor dorre sand
vetplantjies krul van plesier
my hare sommer gou klam
my ore verkluim oor ysige
stukkies harde water
wat op my smelt
vrug van koue
suidooster
vir oulaas kom
om belofte te vestig
van groeisame seisoen
breek sonstrale deur
verander dit druppels
in skiterende diamantgesiggies
wat blare laat opkrul van plesier
so wil my siel ook sy oudword vier
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.