Maria
Maria, hoeveel kere méér
gaan jy by die kruis staan,
die graf?
elke jaar, wanneer ‘n Beëlsebal
geboorte in kasregisters draf?
duisende jare láter en steeds
word die betekenis van jou baringspyn
skeefgetrek in plastiekbome
blinkgoed en geskenkpapier
asof ‘n nageboorte, in ‘n asblik gegooi
plant dan dié boom in my hart
noem dit die kruisboom
bou die krip van ronde klippe
laat my kop daarop rus,
bring balke, dwarslatte, spykers
suúr asyn, spiese
takke vol dorings
dan o God
steun my met dié leer
dat ons onthou Hy is Jesus
én Hy is vir éwig, ook Heer
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.