Verlore spore
Kaalvoet slenter jy
deur die nuanse van my
denke…
Fladder jou veerligte
aroma op my verlang vlugte
tussen drome en newels
en bloudruk heuwels.
Spieëlbeeld jou spore
in die sand ve’lore
afdrukke van identiteit
verwar my sinnigheid.
Wens ek kon jou dwalende
stem anker … hierdie soekende
hart stil, stil in sy hunkering
na siels ontvlugting.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.