Adam Goud November Projek
ek is mens
‘n chromosoom in die matrix
vermenigvuldig twee maal twee maal twee
gevorm; gespreek
die woord word mens
word ‘n lewende wee
ek is mens
‘n entiteit in die ewigheid
‘n genoom, genetiese DNS, spikkelgeen
drie-en-twintig hoofstukke
saamgevoeg in een
ek is mens
‘n lewende organisme
selle wat soos ‘n legkaart inmekaar pas
tog weer eendag
stof tot stof en as tot as
Amanda DM
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2024 – OOP projek