vir
Gedigte
inkyk of uitkyk
uit die mymering van my siel
kom jou vrolike ogies na vore
jy was altyd so lewenslustig
net om na jou te kyk ‘n plesier
soms droom ek nog van jou
jou weerbarstige bruin krulle
onnutsige glimlag en sproete
ook jou ernstige oomblikke
uit my skuiling as introvert
was jou bestaan ‘n reënboog
wat ek kon aan en afskakel
afhangende van my gemoed
volwassenheid het my bereik
ineen gekrimp het my gees
kennis moes neem daarvan
dat jy so vroeg al heen was
my wildste drome tot niet
maar nie deur verdriet nie
slegs maar ‘n ewige gemis
van wat kon gewees het
helder in my kop die lied
met eerste lig aangebied
selfs deur skemer wolke
skyn Sy Lig ons tegemoet
©Teãrlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.