Jongste aktiwiteit:

saggies Here

Ek hoor wat jy vra kind
om sag heen te gaan
soos jou lewensmaat
so saggies en tevrede

moet nooit oor my treur
dink liewer aan die mooi
daardie wonderlike tye
van geluk en vreugde

sluit nou jou oë kind
die dag is haas verby
net skemer is nog hier
dan kom heerlike rus

in My arms sal jy wees
Ek dra jou oor die drempel
tot in My ewige tempel
waar geen lyding is nie

©Teãrlach.



Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed