Saad van liefde (Silwer)
Strooi die saad
wyd en luid
smyt dit gulhartig
oor almal uit
vrolik in soorte
uit omgeeboorde
vir drooglê harte
smagtend na liefdeswoorde
saad sonder smet
wat bou en red
om diep te val
in ontvanklike hartsbed
strooi die saad
wyd en luid
sodat blomme weer
gul daaruit kan voortspruit
©Driekie Grobler
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2022 OOP projek