
Die Velde Smag
Die Velde Smag
my siel verklaar
soos blomme kleurryk by liefde aard
soos hisop in my hart groei
dat jy die een is wat daarin pas
in my diepste wese hou ek jou vas
soos tapisserie borduur
elke oomblik bewaar saam met jou
geweef teen my binnemuur
elke uur
die fynste besonderhede onthou
jy is mooier as ‘n bos lelies
idillies soos ‘n veld vygies
die mooiste blom skeep af teen jou
ek weet as liefde dit van my verwag
sou ek my kop neerlê vir jou
die laaste asem gee
al my oorblywende jare uitvee
die finale streep trek
hierdie aarde verlaat met ‘n glimlag
maar, al wat werklik saak maak
dat jy aan die diepste dele van my kon raak
dit kon roer met die punt van jou omgee vinger
jou ware egtheid was my nie verhinder
dat jy jou beste ook wou gee
jouself aan my volkome kon oorgee
die velde wag
hulle smag…
kom blom my toe in jou oë so teer en sag
kom wees die aroma tussen hisop
jy is my hartklop
my drome waarop nimmer einde wag
©️Wendy Leigh
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2022 OOP projek