Beste INKers
Die jaar spoed soos ‘n rekspring entoesias al sneller voorentoe. Gister nog het ons ooggeknip langs die groen Kersboom en nou groet ons Mei maand in al haar glorie.
Daar is egter lig in hierdie woordtonnel: ‘n Oop projek.
Daar is hierdie maand geen reëls of voorskrifte in enige van die afdelings nie. Jou verbeelding het vrye teuels.
Ek sien uit daarna om julle werk te lees.
Lekker skryf, en doen dit in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE